DAG 5
Staan vandag 'n oomblik stil-
Hoor
Luister goed
God praat met jou!
Hou op met jou angskrete - sodat jy Hom kan hoor. Jesus is aan die woord
Hy sê:
“Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.
Niemand sal hulle uit my hand ruk nie: Johannes 10:28
Jy mag dit persoonlik maak -
NEE!
Jy moet dit persoonlik maak
Hy gee jou toestemming
Sê dit nou hardop
hoor dit;
met jou eie ore.
Jesus sê: "Ek gee vir jou ...( JOU NAAM)... die ewige lewe en jy
...(jOU NAAM)... sal in alle ewigheid nie verlore gaan nie. Niemand sal jou ...( JOU NAAM)... uit my hand ruk nie."
Die krag en betekenis van die woorde laat my duisel
Here ; dit kan tog nie waar wees nie
U ken tog my gemors.
Ek sal weer sonde doen.
Ek het nog nie al my sonde voor u bely nie
En wat daarvan as ek sterf voordat ek dit kan doen?
Gaap die Hel dan nie tog maar voor my nie?
Nee my kind - Luister mooi
|
Alle sonde is reeds vergewe: |
||
|
Vanaf Adam |
Tot by jou sonde vandag |
Tot by die Wederkoms |

Alle sonde is by hierdie betaalde rekening ingesluit.
My vergiffenis kan ook nie ongedaan word deur jou trots of koppigheid dat jy nie jou sonde wil bely nie.
As ek dit in jou swak mensehand moes oorlaat sou jy dit in elk geval verloor het. Daarom het ek dit klaar vir jou gedoen.
Sodat jy nie dalk sal vergeet om vergewing te vra nie.
Sodat jy nie dalk sal weier uit trots om vergewing te vra nie.
Sodat dit nie alles sal misluk nie het ek dit klaar vir jou gedoen.
GEBED
Here, dankie dat U beter geweet het as ek. Dat U al my sondes van gister en die sondes van môre klaar weggeneem het in U groot vergewing.
Amen.