DAG 4
Na jou gebed van gister kan jy met sekerheid weet. Ek is nou VERSEKER God se kind - as ek nou sterf is ek verseker in die Hemel.
En niks kan my weer laat terugval na die Hel kolom nie

Vryspraak vind net een maal in my lewe plaas - Vryspraak beteken as ek JA sê op God se aanbod dan skuif ek van die Hel kolom oor na die Hemel kolom.
Dan beteken dit - die kruis van Christus wat buite my lewe gestaan het
1. soos by die 1e sirkel in die skets
kom nou binne in my lewe in
2. soos by die 2e sirkel in die skets.
Christus is nou my Verlosser maar die eie Ek van sonde en die geneigdheid om in ongehoorsaamheid koppig my eie wil te doen sit nog op die troon van my lewe.
Ons dink dit beteken:
God het my een been oorgetel na die Hemel kolom
maar
Dit is nou my eie verantwoordelikheid om die ander been ook oor die muur te tel.
Dan dink ons as ek weer sonde doen trap my een been terug oor die lyn en staan ek as't ware wydsbeen
een voet in die Hel kolom
en
een voet in die Hemel kolom
Die gedagte vervul my met vrees;
want dit beteken mos
as ek weer sonde doen skuif ook my ander voet weer terug na die HEL kolom.

Dan is ek weer verlore - as ek nou sterf is ek in die HEL.
Ons dink ek moet nou na elke sonde eers weer sê:
1. JA HERE ek wil u kind wees
en as ek dan...........
2. My sonde bely dan is ek weer terug in die Hemel kolom.
Hierdie heen en weer spring en trap tussen Hel en Hemel maak ons magteloos van moedeloosheid.
Te bang om met Hom te praat.
Te bang om weer te probeer.
GEBED
Here, U ken die vertwyfeling en vrees in my hart.
U weet hoe die onsekerheid my lewenskrag wegvreet totdat daar niks anders oorbly as om verwilderd, eenkant te sit nie.
Help my om reg te sien en U woord hieroor reg te hoor
Amen