DAG 3
Vraag:
Wat maak jy dan met Romeine 4:5
"Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie;
maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek,
hy kry die vryspraak deur sy geloof".
Die waarheid van die evangelie is so skerp dit laat my snak na my asem.
Dit is trouens nie omdat Abraham die Wet van Moses onderhou het (PERFORM) dat (hy vrygespreek {gered} is nie)
Maar omdat hy geglo het Romeine 4:13 is hy vrygespreek want God vra nie dade van “PERFORM” nie
Nie een van ons kan daarin slaag om goed genoeg na Sy sin te Perform nie.
Maar God het ‘n plan hiervoor
Ek moet net my sonde voor God
Erken as sonde
Dit bely as sonde
“Here U ken my gemors en sonde ek het berou daaroor,
Ek erken dit en bely dit as sonde voor U
Vergewe my asseblief al hierdie sonde”
God Sê “Ek het jou klaar vergewe”
Nou vra God Glo jy?
Die vraag verwar ons ook
want ek bid - stamelend.
Ja Here ek glo ............
Maar
My lewe van dankbaarheid (PERFORM) misluk.
Daarom draai ek maar verleë weg
en bly verleë weg.
Voordat U my dalk die deur wys!
Het mense ons deurmekaar gemaak?
Of
Het die Heidelbergse Kategismus se woorde ...“Hoe kan ek God vir so 'n verlossing dankbaar wees” dalk ons oë blind laat word?
God vra eenvoudig. Glo jy.
Nog eenvoudiger gesê:
Wil jy my Kind wees?
Wil jy deel hê aan die verlossing?
My stamelende JA HERE:
Stamelend as kind saam met Ma - biddend op haar skoot
of stamelend as tiener op 'n kamp
of tranerig met geloofsbelydenis voor die preekstoel
Dit beklink dit,
Ja
Dit Bevestig dit.
Ek is Sy kind.
GEBED
Dankie Here dat U nie van my vra om iets te doen nie.
U weet van my dom kinderhande wat alles verbrou.
U weet van my moedswillige grootmens hart en emosies
wat koppig eenkant toe loop.
Here ek wil op u uitnodiging reageer
JA HERE ek wil asseblief U kind wees.
Amen