DAG 2
Vraag:
Waar is jy vanaand, as jy vandag doodgaan en as jou keuse so lyk?
Sommige van ons antwoord ek is by nommer 4

Antwoord:
Wat sal jy sê is die rede dat jy verseker Hemel toe sal gaan?
Die antwoorde wissel:
Ek is sy kind
Jesus is my verlosser
Ek glo
En dan .... Kom daar stamelend...........
En ek probeer reg lewe –
die Here weet hoe hard ek probeer!
Hoor jy? Hier kry ons weer die woordjie PERFORM.
Dit lyk asof ons net nie hiervan kan wegkom nie!
'n Roomskatolieke teoloog het op ‘n keer gesê: "Nog nooit was die Kerk so vas aan wetisisme (PERFORMANCE) as die Afrikaanse Kerke in Suid Afrika nie.
Waarom is dit so?
Het ons die lidmate dalk verwar met ons prediking?
Of…
Het die groot klem wat die samelewing plaas op prestasie of PERFORMANCE dit gedoen.
Het dit te doen met 'n kind se pynlike persepsie by sy ouerhuis of by die skool:
My pa aanvaar my nie as ek nie:
· Die eerste rugbyspan haal nie”
· Leerlingraad haal nie
· Akademiese erekleure kry nie.
Hoor jy? Weer die woordjie PERFORM.
GEBED
Here leer my kyk en sien
leer my helder sien
die waarheid van U woord
of U ook soos die wêreld daarbuite -
my meet aan my PERFORMANCE
Amen.